WILLEM PRINSLOO

Proudly sponsored by The Rayton Meander - Copyright Reserved

Made by The Travel Channel -   | Terms

Agricultural

Landbou

MUSEUM

Mampoerfees 6 Junie 2015

Die gewilde mampoerfees word op Saterdag 6 Junie 2015 by die Willem Prinsloo Landboumuseum gehou. Dié feestelike geleentheid word al 30 jaar deur die museum en die Kultuurstokergilde van SA aangebied.


Dié gilde se mampoerstokers kom van oor die hele Suid-Afrika om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem en beoordeling geskied volgens nasionaal erkende reëls. Mampoer sal by die fees per sopie geproe en per bottel verkoop word.


Likeurs met `n witblitsbasis word ook beoordeel en per sopie geproe. Elke stoker het sy eie spesialiteitlikeur en daar word met verskillende vrugte- en ander geure geëksperimenteer, soos anys, peppermint, koffie en sjokolade. Roomlikeur word ook gemaak.


Dit neem ongeveer vyf maande om so ‘n likeur, wat normaalweg `n alkohol inhoud van ongeveer 23% het, gereed te kry vir die kampioenskap.


Die dag se program behels demonstrasie van tradisionele plaas- en werfaktiwiteite by die ou plaaswerf soos brood bak, kerse maak en ganse pluk. Daar gaan ‘n uitstalling van veteraantrekkers en motors wees, ‘n vlooimark en kosstalletjies, ‘n biertuin asook pap en kaiings, gemmerbier en soetkoekies by die ou plaashuis. Die gaskunstenaar is Armand Hofmeyer.


Die Willem Prinsloo Landboumuseum kan bereik word vanaf die N4 snelweg se Rayton en Cullinan afrit, langs die ou Bronkhorstspruit pad, die R104.


Vir meer inligting, skakel 012-736-2035 076-294-5229,              082-579-7509 en vir stalletjies, skakel 072-294-8856.


Rayton Meander bied ‘n aantal konferensie en trou lokale op plase en lodges aan. Op die roete is daar lodges, perde en beesplase, restaurante en bos kombuise, unieke bass visvang plase, kuns en kultuur asook twee museums. Kom maak ‘n draai by die Rayton Meander Village op die Feesterrein!!

Rayton Meander Village

Hier word koeie gemelk en ritte met ‘n ossewa onderneem. Rayton Meander bied deurgaans ‘n landelike piekniek aan.

Vars gebakte brood en koekies word by die 1880 huis verkoop.

Ganse pluk, kaiings braai, kerse maak, koffiebone brand, plaasdiere en veel meer hier ….

De Oude Plaaswerf

Saterdag 6 Junie 2015

08h00 Bergfiertsryers begin aanmeld

09h00 Kosstalletjies open

09h00 Rayton Meander Village open op die Ou Werf

09h30 Stokers Gilde se prysuitdeling

10h00 Biertuin open

Volledige program hier ….

Mampoerfees Program

Bring die familie, vriende, klublede of net jouself en kom ry op die plaas rond. Korter en langer roetes is beskikbaar.

Die bergfietstent verseker dat jou fiets veilig sal wees - bring jou ketting en slot saam.

Binnekort is langer roetes oor die Rayton Meander beskikbaar.

Bergfietsry vir almal

Quisque

Die Kultuurstokersgilde

Rayton Meander Village - kom gesels met Casablanca Manor, Roy’s Lodge, Blinkwater B&B, Silversprings, Die Rooi Lorrie, Jan Ellis Afslaers, Victorian Manor , Die Bos Kombuis, WetNose, Sammy Marks Museum, Green Reflections Nurseries, en vele ander plekke van Rayton omgewing.


Kom geniet vars gebakte plaasbrood en geniet ‘n piekniek in die ope lug. Goeie pryse is te wen !